Sani Pas is NIE Lesotho nie!

Lesotho is ‘n ongelooflike mooi land! Sani Pas besoekers moet hulle self ‘n guns doen en verder ry, oor Kotisiphola Pas, en al langs die Sehonghong Rivier, en slaap in ‘n klein lokale dorpie, Molumong. In die skilderyke dorpie, is Pollihali Lodge wat perfek gelee is om die volgende dag groot dele van Lesotho te verken. Die kaggel/stoof werk fantasties, mits daar genoeg hout is! Daniel en sy vrou, Angelina, het uitstekend na ons omgesien.
Die nuwe geteerde pad maak ‘n groot verskil. Dit het ons altyd omtrent twee ure gevat van Sani Pas tot by lodge, nou met die geteerde pad, minder as ‘n uur!

Gert en Dilla Kruger (19 August 2017)